Print this page

Israel: IS bedreig Christene in Jerusalem

Arabiese pamflette het in Jerusalem verskyn, uitgereik deur 'n IS-gebonde groep, wat aan Christene sê hulle moet teen die einde van Ramadan (18 Julie) uit Jerusalem vlug - anders sal hulle geslag word. Die bedreiging kom namate IS en Hamas in 'n stryd betrokke raak vir die getrouheid van Palestynse Moslems. Godsdienstige spanning neem regoor Israel toe, en Christene word aangeval deur Joodse ultra-nasionaliste en geradikaliseerde Moslems. Sommige wonder of Christene 'n toekoms in Israel het. Die Israeliese regering het die geweld teen Christene veroordeel as ''n aanval op ons almal' en het Israel se verbintenis tot godsdiensvryheid en die oppergesag van die reg bevestig. Bid asseblief vir Israel en sy Christene. Bid asseblief dat God die Israeliese regering en veiligheidsmagte sal lei en bystaan, dat hulle Christene sal beskerm teen Joodse ultra-nasionaliste en die baie gevaarliker IS-aangehitte en georganiseerde militante Moslems. Klik op die 'meer'-knoppie hieronder vir die volledige storie.