Libanon: Gebed vir die regering, hulp aan vlugtelinge

Wêreldwyd - - 25 Jun 2015 - Print - Email

Terwyl Moslems vas en bid tydens Ramadan, bid ons vir hulle. "Die regverdiges sal floreer soos 'n palmboom, hulle sal groei soos 'n seder van die Líbanon." Christene in Libanon vra ons om Psalm 92:12-13 saam met hulle te bid. Libanon het steeds nie 'n president nie. Dit kan tot groter probleme lei. Bid vir 'n sterk goddelike leier om Libanon vorentoe te beweeg. Bid vir die plaaslike kerke wat uitreik na Siriese vlugtelinge. Bid dat hulle dieper in Jesus sal groei, bid dat hulle krag sal hê om voort te gaan om uit te reik en om helder ligte in hierdie duisternis te wees. Sonder ’n sentrale regerende regering skep die vlugtelingkampe en die groot bevolking ’n ekonomiese las vir die land. Te midde hiervan probeer Christene om fisiese sorg en ondersteuning aan die armes te bring. Bid vir Christenbroers en -susters terwyl hulle die lyding bedien.