Print this page

VSA: Charleston-reaksie op moorde

Wêreldwyd - - 25 Jun 2015 - Print - Email

Die skietery in 'n geskiedkundige swart kerk in Charleston, Suid-Carolina, het nuwe kommer oor rassisme en vuurwapengeweld laat ontstaan. Die 21-jarige Dylan Roof het Woensdagaand by die Emanuel African Methodist Episcopal Church ingestap en nadat hy 'n geruime tyd saam met die gemeentelede gesit het, nege mense doodgeskiet. Federale amptenare ondersoek die skietery as 'n daad van binnelandse terrorisme en haatmisdaad. Die familie van Dylan Roof het op Twitter geplaas dat hulle hul innige simpatie en meegevoel aan families van die slagoffers betuig en gesê: 'Woorde kan nie ons skok, hartseer en ongeloof uitdruk oor wat daardie aand gebeur het nie. Ons bid ons gebede en simpatie aan almal wat deur hierdie gebeure geraak is. Ons gedagtes en gebede is by die families en vriende van diegene wat hierdie week vermoor is. Ons hoop en gebed is vir vrede en genesing vir die families van die slagoffers, die Charleston-gemeenskap en diegene wat deur hierdie gebeure geraak is regdeur die staat Suid-Carolina en ons nasie.' Sien ook