Print this page

Soedan: 'n Gebedsversoek

Wêreldwyd - - 18 Jun 2015 - Print - Email

Christene in Soedan versoek ons gebede vir Michael Yat (49) en Peter Yen Reith (36), twee Suid-Soedanese pastore wat in Khartoem teregstaan, wat hul jongste verhoor op 15 Junie gehad het. Volgens hul prokureur het aanklaers versuim om enige nuwe bewyse voor te lê, aangesien amptenare van Soedan se nasionale intelligensie- en veiligheidsdienste (NISS) verklarings herhaal het wat hulle vroeër in die verhoor gemaak het. Die prokureur kon ook sy verdediging aan die hof voorlê. Die volgende verhoor was vir Donderdag 18 Junie geskeduleer. Hulle is onderskeidelik op 14 Desember en 11 Januarie deur die NISS in Khartoem aangehou, aangekla van 'n reeks kriminele oortredings, insluitend misdade teen die staat wat strafbaar is met die dood, lewenslange vonnis of mindere aanhouding en konfiskering van eiendom.