Print this page

Wêreldwye korrupsie – nie net FIFA nie

Wêreldwyd - - 04 Jun 2015 - Print - Email

Die volgende kom uit Radio 4 se Gedagte vir die dag vroeër die week. FIFA se probleme is deel van globale kwessies. Korrupsie roep beelde op van mense wat ryk word. Maar korrupsie produseer dikwels meer armoede as rykdom. Die skadelike gevolge van korrupsie is veral ernstig op die armes, wat deur ekonomiese agteruitgang getref word, meer afhanklik is van openbare dienste en die minste in staat is om die ekstra koste verbonde aan omkopery, bedrog en die wanbesteding van ekonomiese voorregte te betaal. Lande wat swak telling op die Wêreldbank se Doen Besigheid-aanwysers behaal ook swak op die Korrupsie-persepsie-indeks, insluitend Tsjad, Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo, wat almal in die onderste 15 lande op albei tabelle is. Die aanpak van korrupsie verg 'n skerp kultuurverandering. Net soos korrupte lande dit moeilik vind om beleggers te lok, so sal FIFA dit al hoe moeiliker vind om borge te lok. Miskien kan diegene wat FIFA lei, inspirasie van Jesus neem, 'daar sal meer vreugde in die hemel wees oor een sondaar wat berou het as oor nege-en-negentig regverdige mense wat geen bekering nodig het nie'.