Nigerië: Dorpe aangeval, meer Christene vermoor

Wêreldwyd - - 27 Mei 2015 - Print - Email

Baie Christelike dorpies in sentraal-Nigerië is aangeval en 'n aantal mense is Sondag in strooptogte deur vermeende Fulani-militante vermoor (die Fulani, hoofsaaklik Moslems, is een van die magtigste mensegroepe in Wes-Afrika). Militante het 20 dorpe in die Agatu plaaslike regeringsgebied van Benue-staat aangeval en meer as 30 mense doodgemaak. Baie het na ontheemdingskampe in die naburige Kogi-staat gevlug. Intussen het militante in die Barkin Ladi-gebied van die staat Plateau verskeie dorpe in Dorowa aangeval. Nigeriese weermag het op die aanval gereageer, maar 'geen soektog of arrestasies gedoen nie'. Soos Boko Haram-aanvalle geleidelik rondom die noordoostelike state opbou, is Fulani-terreuraktiwiteite ook aan die toeneem in sentraal-Nigerië. Bid asseblief nou vir ons broers en susters in Christus, wat hierdie nuwe bedreiging in die gesig staar.