Pakistan: Gelowiges se gebedsversoeke

Wêreldwyd - - 27 Mei 2015 - Print - Email

'... terwyl u ons deur u gebede help. Dan sal baie namens ons dank vir die genadige guns wat aan ons gegee is in antwoord op die gebede van baie.' (2 Kor.1:11) 'n Damesbedieningspan wie se verblyf baie naby aan twee kerke is wat gebombardeer is, is in die nasleep besig om te bedien. Daar was verskeie begrafnisse, besoeke aan beseerdes in die hospitale, en getraumatiseerde gesinne wat met verlies en hartseer te kampe het. Bid vir die vrede, vertroosting en die genade van God om Sy mense te ontmoet gedurende hierdie tyd. Die teenwoordigheid van die bose het merkbaar toegeneem in die algemene bevolking en, hartseer om te sê, in die Christelike bevolking; veral die 'kaste wat hulself Christen noem'. Vrees het ook in die algemene bevolking toegeneem. Bid teen valse godsdiens. Bid asseblief ook vir die kursusse wat ons aanbied, 'Hoe om te bid en van God te hoor'. Ons hoop dit sal lei tot 'n toename in 24/7 gebedsgroepe vir ons nasie.'

  • Pray: for 24/7 prayer to reach areas of Pakistan it has never been before, and for the above prayers to be answered. (Rom.12:12)