Gevaar van IS-terroriste wat hulle as vlugtelinge voordoen

Wêreldwyd - - 21 Mei 2015 - Print - Email

Islamitiese Staat (IS) terroriste word na Europa gesmokkel deur hulle voor te doen as vlugtelinge wat die Middellandse See probeer oorsteek. Intelligensie-ontleders vrees dat voornemende jihadiste die groeiende krisis van desperate migrante wat uit oorloggeteisterde Noord-Afrikaanse lande vlug, uitbuit deur by hulle aan te sluit op riskante bootkruisings. Sodra hulle aan wal was in lande soos Italië en Griekeland, is daar vrese dat militante opsporing deur die owerhede kan ontduik - en probeer om gewelddadige aanvalle te beplan. Daar word berig dat IS-bevelvoerders ook voordeel trek uit die handel in vlugtelinge wat die gevaarlike vaart maak deur die helfte van die geld wat die handelaars neem, te eis. Intussen is Britse spesiale magte duikers gereed om 'n reeks gewaagde operasies langs die Libiese kuslyn te begin om die skepe wat deur handelaars gebruik word, te vernietig. Die bewerings dat IS-terroriste hulle as vlugtelinge voordoen, is gemaak deur 'n Libiese veiligheidsadviseur, Abdul Basit Haroun, wat vroeër in Brittanje gewoon het.