Libië: Nou 'n 'mislukte staat'

Wêreldwyd - - 06 Mei 2015 - Print - Email

Sedert Qaddafi se ondergang terroriseer Libië se nuutgestigte, burgermagbestuurde polisiemag godsdiensminderhede, amptenare en werkers wat voorheen onder Kaddafi gedien het. Dit het tienduisende ervare regeringswerkers verhoed om miljoene Libiërs toegang tot enige vorm van regeringsprogram of -diens te verskaf. Tans is die daaglikse lewe vir Libiërs beide disfunksioneel en onhoudbaar. Libië het getuimel tot die punt om 'n 'mislukte staat' te wees met geen veiligheidsmag om sy mense te beskerm nie. Die land se voortdurende toestand van burgeroorlog het desperate lewensomstandighede, voedselskaarste, 'n ineengestorte ekonomie en groepe gewapende milisies teweeggebring wat in die strate rondloop en terreurdade teen die mense uitvoer. Tienduisende werkende mense vlug landuit met enige middel tot hul beskikking. Vir feite oor Libië se mensesmokkelaars wat aan vlugtelinge hoop op 'n beter lewe verkoop , gaan na :