Katar: Nepalese desperaat om by die huis in Nepal te kom

Wêreldwyd - - 30 Apr 2015 - Print - Email

Honderdeduisende Nepalese migrante wat in Golfstate werk, moet toegelaat word om terug te keer huis toe nadat die aardbewing hul land verwoes het, het die Internasionale Vakbondkonfederasie (ITUC) Dinsdag gesê. ITUC het aan die regerings van Katar, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate geskryf en hulle gevra om 'n borgskapstelsel op te skort wat die vrye beweging van werkers verhinder. (Die stelsel word gekritiseer deur menseregtegroepe wat dit vergelyk met hedendaagse slawerny) Die Verenigde Nasies skat tot 8 miljoen mense is deur die aardbewing geraak. Honderdeduisende Nepalese migrante is desperaat vir nuus van hul geliefdes, en wil terugkeer na Nepal en doen wat hulle kan om in hul gesin se behoeftes te voorsien, of in baie gevalle hul geliefdes te begrawe. Hulle is hulpeloos omdat hulle 'n kontrak van twee of drie jaar moet nakom om nie die land te verlaat nie, en word nie eens deernisverlof gegee nie.