Print this page

Nigerië: Historiese verkiesingsuitslag

Wêreldwyd - - 02 Apr 2015 - Print - Email

Bekleër Goodluck Jonathan het Dinsdag die voormalige militêre leier Muhammadu Buhari gebel om 'n nederlaag in Nigerië se presidensiële verkiesings toe te gee, hy het toe die telefoonoproep gevolg met 'n skriftelike verklaring aan sy landgenote. Jonathan se vinnige optrede en woorde het hopelik verhoed dat gewelddadige betogings uitbreek ná oproepe om kalmte van die twee hoofkandidate en 'n waarskuwing deur die Verenigde State en Brittanje teen politieke inmenging te midde van vroeëre aansprake van stemgedrog en kiesersintimidasie. 'Ek het die land vrye en regverdige verkiesings belowe. Ek het my woord gestand gedoen,” het mnr Jonathan gesê. 'n Woordvoerder van Gen Buhari se All Progressives Congress-party het gesê: 'Mnr Jonathan sal 'n held bly vir hierdie stap. Die spanning sal dramaties afneem.' Na 'n noue verkiesing sal daar baie wees wat ontevrede is met hierdie uitslag, maar 'demokrasie verdiep in Nigerië' al het die peiling gevaarlike godsdiens- en streeksverskille aan die lig gebring - geweld dreig steeds. Verdere reaksies en gebedsriglyne beskikbaar op http://www.Pray4Nigeria.org

  • Pray: for calm celebrations without supporters attacking opponents, so that Nigeria’s deepening democracy may be a tonic to other countries in Africa. Pray for God to move the heart of and speak through Mr Buhari (2Ch.36:22)