Print this page

Kenia: Owerhede het ure geneem om op universiteitsaanval te reageer

Wêreldwyd - - 09 Apr 2015 - Print - Email

Die dodetal in al-Sjabaab se aanranding op 'n Christelike Universiteitskollege sal waarskynlik bo 147 klim en woede groei onder plaaslike inwoners oor die regering se versuim om bloedvergieting te voorkom. 'n Polisiebron, wat anoniem bly, het gesê toe die alarm by die Garissa Universiteitskollege gelui het, het die owerhede ure geneem om te reageer en ná politici en joernaliste op die toneel opgedaag het. Hy het gesê die regering se vinnige reaksie-span is ure lank in Nairobi aangehou om vervoer te reël voordat dit uiteindelik sy pad na Garissa gemaak het waar gewapende mans Christenstudente van Moslemstudente geskei het en toe die Christene vermoor het. Sommige, soos die Keniaanse aktivis Boniface Mwangi, glo dat verskanste korrupsie in die sekuriteitstelsel al-Sjabaab toelaat om vrylik in en uit Kenia te beweeg en aanvalle met gemak uit te voer. Die regering het Mohamed Mohamud geïdentifiseer as die groep se meesterbrein met 'n uitgebreide terreurnetwerk binne Kenia. Al-Sjabaab is in Somalië gebaseer en verbind met Al-Kaïda, wat in Jemen gebore is.