Print this page

Jemen: 100 000 ontheemdes – 'n kritieke situasie

Wêreldwyd - - 09 Apr 2015 - Print - Email

UNICEF het berig 100 000 mense het uit hul huise gevlug - die meerderheid van hulle vroue en kinders. Duisende het dringend hulp nodig. Die Rooi Kruis kon daarin slaag om een passasiersvliegtuig met personeel te land, maar kon nog nie 'n vragvliegtuigoperateur vind om voorrade die land in te vlieg nie. 'n Konserwatiewe skatting was van 74 kinders wat vermoor is, was 74 en 44 vermink sedert die Saoedi-geleide koalisie begin het om Houthi-posisies te bombardeer. UNICEF het gesê kinders betaal 'n 'ondraaglike' prys en hulle het beskerming nodig. Die aantal burgerlike ongevalle neem toe en die humanitêre situasie versleg weens die beleg en lugaanvalle wat voedselbergings tref. Wanneer 'n mens aan Jemen dink (geleë tussen Saoedi-Arabië en Somalië twee van die mees radikale Moslem-nasies) dink jy selde aan Christene, hoofsaaklik omdat hulle feitlik nie bestaan in so 'n onherbergsame omgewing nie. Jemen se hele nie-Moslem-bevolking is minder as een persent.