Kuba: Nie meer op terrorismelys nie, maar vervolg steeds Christene

Wêreldwyd - - 16 Apr 2015 - Print - Email

In Januarie het Christian Today berig dat skendings van godsdiensvryheid in Kuba toeneem, met die voorvalle wat meer gewelddadig word. Protestantse pastore word arbitrêr aangehou of geslaan en kerke word afgebreek. Alles word gemonitor, die Kubaanse regering het volle beheer oor telefoonlyne en internetverbinding. Pastore of kerkamptenare wat probeer om inligting uit te stuur, doen dit met die wete dat die regering daarvan gaan weet – en hul optrede sal reperkussies hê. Ongeregistreerde kerke kan enigiets ervaar van die konfiskering van eiendom tot die sloping van die kerkgebou. Kuba het hierdie week 'n Amerikaanse besluit verwelkom om dit van 'n lys van staatsborge van terrorisme te verwyder nadat mnr Obama verlede week met die Kubaanse president Raul Castro ontmoet het. Hierdie stap verander amptelik die manier waarop die Amerikaanse regering Kuba sedert 1982 beskou het. Baie mense hoop nou dat die handelsverbod teen Kuba sal eindig. Sien ook http://www.christiantoday.com/article/religious.freedom.worsening.in.cuba.there.is.a.crackdown.happening/46769.htm

  • Pray: for the many Cubans who hope their country will benefit from more foreign trade,and for the many Christian Cubans who hope their country will benefit from foreign evangelists. (Ps.66:7)