Suid-Afrika: 'n Oproep tot gebed te midde van 'tit-for-tat'-maatreëls

Wêreldwyd - - 23 Apr 2015 - Print - Email

Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het kerke geroep om die nasie te lei in gebed vir vrede en vriendskap ná xenofobiese geweld in Durban, Johannesburg en ander dele van die land. “Die meerderheid Suid-Afrikaners glo in vrede, eenheid en vriendskap en het niks te doen met die sporadiese voorvalle van geweld wat plaasgevind het nie,” het Zuma gesê. Suid-Afrika het 'n terugslag van die res van die vasteland in die gesig gestaar oor die geweld teen immigrante. SA voertuie is in Mosambiek met klippe bestook, SA maatskappye word met sluiting in Nigerië gedreig, daar was betogings by verskeie SA ambassades regoor die vasteland en verskeie SA musikante is gedwing om konserte in die buiteland te kanselleer. Die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge het gesê die immigrante is asielsoekers wat gedwing word om hul lande te verlaat weens oorlog en vervolging. President Zuma sal volgende week deur die land reis om boodskappe teen vreemdelingehaat te verkondig terwyl hy probeer om 'n einde te maak aan aanvalle op buitelandse burgers