Print this page

Irak: Bewusmaking van die lot van Christene

'n Simbool wat Christene teiken het, het 'n beweging aangewakker. IS het die Arabiese letter vir 'N' (om Nasarener of Christen aan te dui) op die huise van gelowiges in Mosoel geverf. Inwoners is toe aangesê om hulle tot Islam te bekeer, 'n hoë belasting te betaal, die gebied te verlaat of vermoor te word. Die Stem van die Martelare dien Irakse Christene wat van die terroriste gevlug het deur aan hulle daaglikse benodigdhede te voorsien en hul toekomstige behoeftes te evalueer. Baie van hierdie gelowiges het gevlug met net die klere op hul rug. Om geld in te samel om werk te onderhou ter ondersteuning van Christene wat Islamitiese ekstremisme in die gesig staar, het hulle 'n 'i-am-n' T-hemp geskep met dieselfde Arabiese simbool wat Christene se huise in Mosoel gemerk het. Die opbrengs sal Christen-vlugtelinge help. In Engeland het 'n pianis, Carl Bahoshy, £33 000+ ingesamel uit 71 klavier- en orreluitvoerings by kerke, skole en katedrale om geld en bewusmaking vir Irakse Christen-vlugtelinge in te samel. Nog 22 konserte sal volg. Sien