Print this page

Mexiko: Protestante gevange geneem en verplaas

Twee Protestantse neefs, Casto Hernández en Juan Placido Hernández, is gevange geneem en toe saam met hul gesinne uit hul gemeenskap geskors nadat hulle geweier het om hul godsdiensoortuigings te verloën. Christian Solidarity Worldwide het gesê hulle is vir 30 uur in die tronk deur dorpsamptenare opgesluit en die pogings om die mans te verdryf is gelei deur plaaslike leiers. 'n Veldtog wat die Protestantse minderheid in hierdie streek van Mexiko gerig het, het in April 2014 begin toe dorpsowerhede probeer het om Protestante te dwing om 'n dokument te onderteken wat hulle verbied om aan enige nie-Rooms-Katolieke godsdiens te behoort. Hulle het geweier, maar dorpsleiers het die dokument onderteken en beweer dit is bindend op die gemeenskap. Oortredings van godsdiensvryheid is algemeen in die staat Hidalgo waar plaaslike leiers dikwels probeer om ooreenstemming met die meerderheidsgodsdiens af te dwing. Staatsamptenare wat die taak het om die wet te handhaaf, insluitend menseregtebeskerming wat in die Mexikaanse grondwet vervat is, gryp selde in om godsdiensvryheid te beskerm.