Print this page

Wêreldwyd: Onrus binne IS

Elf mediese studente en dokters van Soedanese oorsprong het na Sirië gegaan om mediese bystand aan IS te verleen. Lede van die groep het teksboodskappe gestuur waarin hulle gesê het dat hulle hospitaalpasiënte behandel. Na raming het 20 000 buitelandse vegters en ondersteuners na Sirië en Irak gestroom om IS te ondersteun. Die Washington Post het berig spesiale behandeling en beter betaling vir die buitelandse rekrute het plaaslike vegters gegrief gemaak. Buitelandse vegters woon in stede waar daar minder kans op lugaanvalle is, terwyl Siriese vegters in meer kwesbare landelike buiteposte dien. IS betaal buitelandse vegters $800 per maand, maar Siriërs die helfte van daardie bedrag veroorsaak toenemende onrus in IS. Intussen is nege lede van IS tydens binnegevegte dood nadat hulle oor die Turkse grens probeer vlug het. Dit is nie die eerste keer dat IS sy eie lede vermoor nie. Hulle het 120+ van hul eie vegters in twee maande doodgemaak, meestal buitelanders wat probeer terugkeer huis toe.