Print this page

Libië: IS ontvoer 20 mediese werkers

'n Groep van 30+ gewapende mans het die Ibn Sina-hospitaal in Sirte aangeval en 20 werkers ontvoer. Die hospitaalwerkers het besluit om die stad te verlaat weens die swak veiligheidsituasie daar en die Islamitiese Staat wou hê hulle moet bly omdat hulle die enigste mense was wat sy gewonde vegters kon behandel. IS het verlede maand 21 Egiptiese Koptiese Christene in Libië vermoor en verlede jaar beheer oor Sirte oorgeneem. Libië se veiligheidsituasie het gedisintegreer. Strydende stamme en belangegroepe bied vrugbare grond vir IS-sukses. IS het nege buitelandse oliewerkers ontvoer en glo vroeër vandeesmaand agt wagte onthoof; hulle het ook in Februarie oliewerkers vermoor en gyselaars geneem. Hulle veroorsaak dat Libië by die dag gevaarliker word. Hierdie jongste aanvalle dra nie die kenmerke van milisies gedryf deur plaaslike griewe of politieke wedywering, soos in die verlede gesien nie. Hulle doel is om vrees aan te wakker, grondgebied te merk en verwoesting te saai.