Sirië: 'n Verlore geslag

Kinders is veral kwesbaar vir wanvoeding en siektes wat verband hou met swak sanitasie. Met die ineenstorting van gesondheidstelsels was daar uitbrake van hoogs aansteeklike siektes soos masels en selfs polio. Die gebrek aan inentings dra net by tot die gevare wat kinders in die gesig staar in 'n land in oorlog. Hulle is ook uiters kwesbaar vir seksuele uitbuiting. Baie van die kinders het vir meer as drie jaar geen skoolopleiding nie. Die skole wat wel bestaan kort onderwysers. Baie skole is gebombardeer en gesluit. Die verskriklike dinge wat kinders aanskou en ervaar het, het hulle getraumatiseer met emosionele letsels om 'n leeftyd te hou. Hulle word daagliks gekonfronteer met nagmerries en isolerende gedrag wat die siklus van skade voortsit.