Print this page

Irak: Israeliese Arabier vermoor deur IS-kind

’n Nuwe IS-video wys hoe ’n kind ’n Israeliese Arabiese man teregstel wat daarvan beskuldig word dat hy vir Israel spioeneer. Die kind het hom met 'n handwapen in die kop geskiet. "So ons veg in Irak en ons oë is op Jerusalem," het 'n stem in Arabies gesê aan die einde van die video wat op YouTube vrygestel is. Die video bevat ook 'n lang bekentenis deur die slagoffer wat homself as Mohammed Said Ismail Musallam van Jerusalem geïdentifiseer het. Die Israeliese regering ondersoek die egtheid van die video. IS het lankal vyandskap teenoor Israel uitgespreek, maar dit sou die eerste keer wees dat hulle 'n Israeliese burger vermoor het. Die gebruik van 'n kinderbeul voeg 'n kinkel aan 'n propagandaveldtog wat skoktaktieke gebruik om potensiële rekrute te lok en vyande bang te maak. Die video kom 'n week voor Israel se algemene verkiesing, waarin premier Benjamin Netanyahu 'n veldtog gevoer het op 'n platform om die land teen Islamiete te beskerm.