Print this page

Iran: Geregtigheid nodig vir Cristian-gevangene

'n Gevange Iranese bekeerling tot die Christendom, Ebrahim Firouzi, wat sy vonnis op 20 Januarie 2015 voltooi het, word volgens berigte steeds in 'n tronk in Karaj aangehou. Ebrahim Firouzi is tot 1 jaar tronkstraf en 2 jaar ballingskap gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van propaganda teen die staat, evangelisasie en die bekendstelling van 'n Christelike webwerf. Blykbaar sal Firouzi bykomende aanklagte van die Revolusionêre Howe in die gesig staar, maar verdere regstappe moet nog aangekondig word.