Print this page

Jemen: Staatsgreep bedreig land se stabiliteit

Maandag het 'n vlaag van geweld wat ambassades en besighede gesluit het, die armste land in die Arabiese wêreld verswelg en kan sy politieke landskap hervorm. Straatgevegte het tussen Sjiïtiese Houthi-rebelle en regeringsmagte in Jemen se hoofstad gewoed en samesprekings tussen president Hadi en verteenwoordigers van die Houthi-rebelle het afgebreek. (Houthis het 'n konsepgrondwet verwerp wat Jemen in ses streke verdeel.) Houthi-rebelle het Dinsdag die presidensiële paleis bestook en die staatsbeheerde media beslag gelê. Die bevelvoerder van die Presidensiële Beskermingsmag het gesê, 'wat gebeur is 'n staatsgreep.' Die magtige Houthi-rebellebeweging oorheers die noorde van Jemen en poog om die regte van die Zaidi-sekte (20-30% van die bevolking) te versterk. Botsings tussen regeringsmagte en Houthi-rebelle kan Al-Kaïda se posisie versterk. Jemen is nommer 14 op Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van vervolgers van Christene.