Print this page

Libië: Christene geteiken

Vroeg Saterdagoggend het gemaskerde militante volgens International Christian Concern (ICC) sowat 13 Egiptiese Christene uit 'n behuisingskompleks in Sirte, Libië, ontvoer. Om 02:30 het die militantes kamer-tot-kamer gegaan om ID-kaarte na te gaan en net Christen Egiptenare te neem terwyl hulle Moslems ongemolesteer gelaat het. Hierdie jongste ontvoering kom vyf dae nadat sewe Koptiese Christene ontvoer is terwyl hulle probeer het om terug te keer na Egipte van dieselfde behuisingskompleks wat Saterdag oorval is. Albei ontvoerings het gevolg op die onlangse moord op Magdy Sobhy Tawfiq, 'n Egiptiese dokter, Sahar, sy aptekervrou en hul 13-jarige dogter, Catherine, ook in Sirte. "Christene in Libië is in uiterste gevaar van Islamitiese ekstremiste wat gewys het dat hulle hulle aktief jag," sê Todd Daniels, ICC-streeksbestuurder vir die Midde-Ooste