Print this page

Ghana: Ekonomiese ellende en Christenskap

Vyf-en-twintig jaar gelede was die Christelike boodskap in Ghana: 'Bekeer jou en aanvaar Jesus en jy sal gered word.' Vandag word verlossing op baie plekke aangebied as 'n ervaring met Jesus Christus wat Ghanese die krag sal gee om suksesvol te wees in die lewe, skouers te skuur met die rykes en gelukkig te wees. Die woord 'geloof' het 'n veranderde betekenis in baie Christelike kringe om 'n krag te beteken om te 'kry wat jy wil hê'. Teoloë noem dit Prosperity Gospel. Ook Ghana se eens stabiele ekonomie is nie meer op 'n vaste voet nie. Daar is skerp stygings in inflasie, gereelde kragonderbrekings, verbrokkelende paaie en dramatiese dalings in die waarde van die geldeenheid wat onrus veroorsaak. Die regering het onlangs 'n reddingsboei van die Internasionale Monetêre Fonds versoek, ondanks ontdekkings van groot oliereserwes. Baie sê Ghana het die pad gegaan van ander Afrika-olieprodusente wat deurspek geraak het van korrupsie toe olie ontdek is. Sien ook: