’n Week ná die doodbrand van die Christenegpaar Shama en Shahzad in die Punjab, het die polisie Qaiser Ayub (40) van Lahore van ’n beweerde daad van godslastering beskuldig. Mnr Ayub is 'n Christen met 'n meestersgraad in rekenaarwetenskappe en 'n bekende blogger. Hy is daarvan beskuldig dat hy neerhalende taal teen die Heilige Profeet in sy blogs gebruik en dat hy dreigemente gemaak het. Hy het gaan wegkruip. Hy is op 14 November gevind en in hegtenis geneem. Volgens die voorsitter van Sharing Life Ministry Pakistan is sy vrou Amina Bibi en drie kinders in veilige aanhouding en sal versorg word terwyl regsbystand vir sy saak georganiseer word. Qaiser Ayub bly in die tronk tydens die geregtelike ondersoek. Bronne beweer die polisie steek die saak weg en hou die ondersoek geheim terwyl hulle die media versoek om dit in 'n lae profiel te hou. Sien ook