Print this page

Irak/Sirië: ISIS lei tienjariges op

ISIS het foto's vrygestel wat wys hoe kinders van ongeveer tien jaar oud in soldaat-uniforms opgelei word om aanvalsgewere soos AK47's te gebruik om mense in Irak en Sirië dood te maak. Daar word ook gesien hoe die kinders militêre oefeninge uitvoer, en voor ISIS se swart vlag marsjeer. Die terreurgroep is ook verskeie kere daarvan beskuldig dat hulle uiterste geweld teen kinders uitgevoer het. Vroeër hierdie maand het die predikant van Bagdad onthul dat vier Irakse Christenkinders deur die terreurgroep onthoof is omdat hulle geweier het om tot Islam te bekeer. ’n CNN-berig in September het die storie gedeel van ’n 13-jarige seun wat ’n oefenkamp ontsnap het en gesê hy het gesien hoe militante onthoofdings, stenigings en ’n kruisiging uitvoer. Die Chaldees-Amerikaanse sakeman Mark Arabo het hierdie week gesê: 'Hulle onthoof stelselmatig kinders, moeders en vaders. Die wêreld het 'n generasie lank nie 'n euwel soos hierdie gesien nie.