In ’n ongekende gesamentlike intelligensiebulletin sê die FBI en departement van binnelandse veiligheid hulle het intelligensie dat IS mense in die Verenigde State probeer werf om lede van die weermag te teiken. Hulle gebruik sosiale media om militêre personeel op te spoor. Die FBI het lede van die Amerikaanse weermag gewaarsku om hulself te beskerm deur alle inligting op sosiale media-rekeninge uit te vee wat 'gewelddadige ekstremiste' kan help om hul identiteit te leer ken. Dit is die sterkste waarskuwing tot nog toe oor moontlike aanvalle deur IS. Brad Garrett, 'n voormalige FBI-agent, het gesê: 'Ons verstaan dat jy jonk is, jy kommunikeer deur sosiale media, maar ons sê vir jou dis hoe IS mense vind wat hulle moontlik teiken.'