Birma: Vlugtelinge leer om 'jou naaste lief te hê'

In 2011 het die Birma-weermag 'n 17-jarige wapenstilstand in Kachin-staat verbreek en meer as 120 000 onskuldige burgerlikes verplaas. Baie het na vlugtelingkampe gevlug waar voedsel en gesondheidsorg beperk is en die risiko van mensehandel hoog is. In hierdie plekke van wanhoop het Partners Relief and Development saam met plaaslike organisasies gewerk om vrywilligers op te lei en toe te rus om 'n helpende hand te verleen. Die vrywilligers is self vlugtelinge wat hul mede-vlugtelinge help. Partners sê hierdie vrywilligers leef volgens een reël, 'Wees lief vir jou naaste'. Reeds 150+ vrywilligers is opgelei. Altesaam sorg hulle vir byna 8 000 intern ontheemdes. Diegene wat kos nodig het, ontvang dit. Die wat siek is, word versorg. Gemeenskap word in 'n saamgegooide vlugtelingkamp ingebring te midde van spanning, aangesien 'n koalisie van 15 burgerlike organisasies vra dat die weermag moet onttrek. Sien ook :