Verlede Donderdagaand het rebelle die dorp Chibok binnegekom en vanaf bakkies en motorfietse geskiet om beheer oor die gebied te neem. Chilbok is 'n enklave van meestal Christelike families; sommige is betrokke by die vertaling van die Bybel in plaaslike tale in die hoofsaaklik Moslem noordelike deel van Nigerië en dit was van Chilbok dat die 200+ hoofsaaklik Christelike skoolmeisies ontvoer is. Die Nigeriese weermag sê hy het beheer oor die dorp van Boko Haram verkry en Chibok is vry en veilig, sodat inwoners na hul huise kan terugkeer.