Pakistan: Gebedsversoek van 'n gelowige

'n Pakistanse Christen vra vir ons gebede: 'Die Pakistanse weermag gaan voort met hul strooptogte teen die Taliban langs die Afghanistan-grens. Bid dat hulle hierdie pogings sal voortsit. Daar was verwarring en verdeeldheid onder baie van die Taliban en Al-Kaïda. Bid dat dit tot 'n groter mate mag voortduur. Sommige leiers van IS is in Pakistan gesien. Dit is ontevrede Al-Kaïda-volgelinge wat ontsteld is dat Al-Kaïda nie meer gedoen het om Pakistan oor te neem en klopjagte teen die ongelowiges (die Christelike weste) uit te voer nie. Bid dat hulle gestop mag word voordat hulle enige momentum kry. Vroeër hierdie maand het die regering berig dat IS by Al Quaida Sunnis in Pakistan aangesluit het om aanvalle teen Sjiïete en Christene uit te voer. Bid dat hierdie beplande aanvalle gefnuik kan word.' Bid ook asseblief vir 'n Christelike professor wat hierdie week vir godslastering gearresteer is.