Noord-Korea: Na Kenneth Bae se vrylating; sendelinge gaan voort

Christengroepe in Noord-Korea beloof om voort te gaan met hul sendingwerk ten spyte van toenemende risiko's sedert die Koreaans-Amerikaanse aktivis Kenneth Bae twee jaar gelede gevange geneem is. (sien nuus van sy vrylating) "Ons raak meer senuweeagtig," sê Kim Seung-eun, 'n sendeling vir die Caleb-sending, wat in Suid-Korea se Suid-Chungcheong-provinsie gebaseer is, maar gereeld na Noord-Korea reis. "Ons moet met 'n strategie vorendag kom om nog 'n saak soos Kenneth Bae s'n te vermy." Terughoudendheid is nodig, het een Amerikaanse aktivis gesê, weens die gevare verbonde aan die voortplanting van godsdiens, veral op 'n openlike, georganiseerde manier, in 'n totalitêre staat. As een persoon gevang word, kan almal anders die gevolge dra. Geopende Deure sê Noord-Korea het 70 000 Christene wat in arbeidskampe aangehou word.