Nigerië: Dodetal styg ná skoolbomaanval

Die dodetal het tot 49 gestyg nadat 'n selfmoordbomaanvaller, vermom in 'n skooldrag, homself Maandag by 'n sekondêre seunskool in die noorde van Nigerië opgeblaas het. 57 mense is beseer. Ander berigte stel die aantal beseerde slagoffers op 79 in die aanval in Yobe-staat, wat plaasgevind het terwyl studente in die erf van die kosskool was tydens die oggendroloproep. Alle skole in die dorp is nou gesluit. Die aanval het plaasgevind ses dae ná 'n soortgelyke een op 'n Sjiïtiese Islamitiese skool in Potiskum, waarin 30 mense gesterf het. Boko Haram het albei skole geteiken. Die VN-kinderfonds (Unicef) het gesê aanvalle op kinders is aanvalle 'op die toekoms van Nigerië', en het gewaarsku dat die land reeds die grootste aantal kinders sonder skool ter wêreld het. (sien item 2 hieronder)