Print this page

Nigerië: Boko Haram ontken skietstilstand en vrylating van skoolmeisies-ooreenkoms

Boko Haram het gelag oor die aankondiging van 'n wapenstilstand en vrylating van ontvoerde skoolmeisies. Twee weke gelede het Nigerië se minister van buitelandse sake gesê die skoolmeisies sal 'in die baie nabye toekoms' vrygelaat word. 'n Onlangse Boko Haram-video het egter gewys hoe Abubakar Shekau sê: 'Weet jy nie die Chibok-skoolmeisies het tot Islam bekeer nie? Hulle het twee hoofstukke van die Koran gememoriseer. Ons het hulle afgetrou.' Hy het ook ontken dat hy die onderhandelaar ken met wie die regering beweer het hy het 'n skietstilstand-ooreenkoms uitgewerk. In die video het Shekau nie van vrede gepraat nie, maar van meer geweld – wat meer 'oorlog, slaan en doodmaak met geweer' belowe. Boko Haram het Saterdag boodskappe aan Christene in skuilplekke in die heuwels gestuur om hulle te vertel dat nie-Moslems vermoor sal word. Baie het in die nag na Kameroen probeer ontsnap, maar is voorgekeer. Boko Haram het later die gebied aangeval en talle oorblywende in die heuwels doodgemaak. Sien :