Print this page

Suid-Afrika: Oscar-verhoor verby – 'n breër blik op media/regstelsel

Reeva se dood was tragies en hartseer – tog moet dit nie geïsoleer word van die dood van ander Suid-Afrikaners nie. 47 Suid-Afrikaners word elke dag vermoor en dit beteken die dag wat Reeva vermoor is, is 46 ander ook hul lewens van hulle weggeneem. Die sosiale status van hierdie ander Suid-Afrikaners wat ook op 14 Februarie 2013 vermoor is, bly anoniem. Anene Booysen is op dieselfde dag verkrag, vermoor en vermink, maar sy was skaars 'n kwessie vir baie mense omdat sy 'n alledaagse Suid-Afrikaanse tiener uit 'n armoede-geteisterde agtergrond was. Die media-kollig op Oscar se verhoor is verstaanbaar, maar in God se oë is Reeva se dood nie belangriker as Anene Booysen, of die dood van babas tydens aborsie nie. Trek die media die toutjies op ons harte?