Laos is een van die min oorblywende kommunistiese state ter wêreld en een van Oos-Asië se armste lande. Twee Hmong Christenmans, Tou Ly en Fai Cho, is onlangs deur familielede gedwing om hul huise te verlaat nadat hulle geweier het om Christus te verloën en terug te keer na die gemeenskap se tradisie van voorvaderaanbidding. Die twee gelowiges is toe gearresteer en vir twee weke aangehou. Ná hul vrylating het die mans 'n blyplek buite die dorpsgemeenskap gehuur. Hul stryd is vererger toe Fai Cho se pa gesterf het en die owerhede het 'n groot boete uitgereik en beweer hulle het nie die regte begrafnispermit nie. Gelukkig ontvang hulle hulp van hul kerk vir die boete, maar het min of geen kos of klere nie en bly in desperate nood.