VSA: Rassisme

Die VN-komitee oor rassisme het die VSA gekap oor polisiebrutaliteit nadat Michael Brown vermoor is en vra nou vir 'n hersiening van 'Stand Your Ground'-wette. Die Komitee vir die Uitwissing van Rassediskriminasie het tot die gevolgtrekking gekom dat minderhede in die VSA slagoffers is van aanhoudende diskriminasie en die VN se rassismewaghond het die VSA aangemoedig om die oormatige gebruik van geweld deur die polisie te staak. Jong Afrika--Amerikaners is slagoffers van ongelykhede en rasse- en etniese diskriminasie bly 'n ernstige en aanhoudende probleem op alle terreine van die lewe, soos bestaande skoolsegregasie, toegang tot gesondheidsorg en behuising. Intussen het 'n doodsdreigement wat per e-pos aan honderde Asiatiese studente aan die Harvard-universiteit gestuur is, die owerhede verlede naweek op waarskuwing gehad. Met rassistiese taalgebruik het die e-pos ontvangers gewaarsku dat hulle op die kampus geskiet sal word. Sommige het 'n tweede e-pos met soortgelyke taal ontvang. Sien: