Print this page

China: Pastoor 'dankbaar' vir tronkstraf

Baie Chinese Christene sê dat China die ergste vervolging sedert die Kulturele Revolusie in die gesig staar. Pastoor Huang Yizi van Wenzhou, Zhejiang-provinsie, het egter gesê hy is 'dankbaar' vir die geleentheid om tronk toe te gaan; 'Gevangenis is 'n sendingveld met soveel honger en dorstige siele wat wag om na die Evangelie te luister.' Hy kan tot sewe jaar tronkstraf opgelê word nadat hy daarvan beskuldig is dat hy bymekaar gekom het om 'n staatsorgaan aan te rand. (hy het polisiegeweld teen kerke gekritiseer}. Sy prokureur Zhang Kai het gesê: "Geoordeel aan die bewyse dink ek nie Huang se optrede was enige misdaad nie. Persoonlik glo ek dat sy arrestasie direk verband hou met die algemene onderdrukking van kerke in Zhejiang." Salvation Church is net een van honderde wat in die Zhejiang-provinsie geteiken word.Minstens 360 is reeds heeltemal of gedeeltelik gesloop, oënskynlik as gevolg van die verontagsaming van bouregulasies.