Print this page

Liberië: Politieke leiers spits gebed teen Ebola aan

Toegewyde Christen, Liberiese president, Ellen Johnson-Sirleaf, het gesê: 'Wanneer jy omstandighede ontmoet wat jy nie verstaan nie en nie kan beheer nie, moet jy na God draai en dit is 'n diepgewortelde Liberiese ervaring.' Die Ebola-krisis het baie op hul knieë gedryf. Kerke is oorvol met mense wat hul harte voor God uitstort. Bethel Cathedral of Hope is een so 'n kerk wat ongekende bywoning ervaar. "Liberië is nie 'n vreemdeling vir krisis nie en daarom het ons daardie veerkragtigheid deur die genade van God om hoopvol te wees en op te staan te midde van onmoontlike situasies," het biskop Wollo Belleh gesê. 'n Paar weke nadat die Ebola-krisis uitgebreek het, het die Liberiese visepresident Joseph Boakai gehelp om weeklikse gebedsbyeenkomste te begin om Christene aan te moedig om God vas te vat. 'My gebed is dat God ons sal help om dit in die kortste moontlike tyd te oorkom, die bedroefdes sal troos, ons sal help om ons penarie te verstaan en as 'n nasie te werk,'