Dit kan duur wees om godsdienslektuur in Oesbekistan te besit. Op 5 September is Artur Alpayev met 50 keer die minimum maandelikse loon beboet vir die berging van godsdienslektuur by sy huis. Daar is beslag gelê op die lektuur toe sy huis tydens ’n biduur oorval is. By die vonnisoplegging van Artur het die regter gesê: 'Ons sal aanhou om jou beboet te maak tensy jy ophou om godsdienslektuur in jou huis te stoor.' Plaaslike Christene het gekla dat Artur se reg om 'enige inligting te soek, te ontvang en te versprei, behalwe dit wat teen die Grondwetlike orde gemik is' onder Oesbekistan se grondwet, nie gerespekteer word nie. Die polisie het ook onlangs op die huise van twee ander Christen-egpare toegeslaan op soek na godsdienslektuur. In Oesbekistan is alle godsdienstige lektuur onderhewig aan verpligte sensuur voordat dit besit kan word. Daar is egter geen wet wat individue verbied om godsdienslektuur te besit tensy dit mense aanmoedig om hul oortuigings te verander nie.