Print this page

Turkye: Sterftes in Koerdiese betogings regoor Turkye

Mense is dood in betogings regoor Turkye toe Koerde geëis het dat die regering meer moet doen om die dorp Kobane teen terroriste-vegters te beskerm. Die polisie het Dinsdagaand traangas en waterkanonne afgevuur om betogers uiteen te jaag wat motors en bande verbrand het toe hulle die strate ingevaar het hoofsaaklik in Turkye se hoofsaaklik Koerdiese oostelike en suidoostelike provinsies. Botsings het ook in Ankara en Istanbul uitgebreek waar byna honderd mense aangehou en dertig beseer is. Vyf is in Diyarbakir dood. ’n 25-jarige man is in Varto dood en minstens ’n halfdosyn mense is daar gewond in botsings tussen polisie en betogers. Twee mense is in die Siirt-provinsie dood en nog een is in die naburige Batman dood. 'n Aandklokreël bestaan in Koerdies-bevolkte distrikte Diyarbakir, Siirt en Van waar duisende betogers teen IS se opmars op Kobane saamgetrek het.