Print this page

Wes-Afrika: Toordokters versprei Ebola

Tradisionele genesers en toordokters dra by tot die verspreiding van Ebola. Verskrikte mense van Liberië, Sierra Leone en Guinee het groot bedrae kontant oorhandig in ruil vir towerspreuke, drankies en raad van diegene wat beweer dat hulle die teenmiddel het. 'n Man in Nigerië met die naam Dr Zack Balo sê hy kan Ebola genees deur dieredele te gebruik mits hy £200 kry. Ander voorstelle sluit in om rou uie te eet, gesalfde water te gebruik en sekere tye van die dag in soutwater te bad. Gevalle van mense wat gestroom het om hierdie sogenaamde genesers te sien, het daartoe gelei dat die siekte verder versprei het, aangesien die toordokters self dikwels Ebola opdoen, wat deur kontak met die liggaamsvloeistowwe van 'n besmette persoon versprei word. Die eerste Ebola-slagoffer in Sierra Leone was 'n geloofsgeneser, wie se begrafnis daartoe gelei het dat meer as 350 mense Ebola opgedoen het nadat hulle aan haar dooie liggaam geraak het.