Print this page

Suid-Soedan: Vier miljoen staar uiterste honger in die gesig

Byna vier miljoen mense in die Christelike meerderheid Suid-Soedan staar gevaarlike vlakke van honger in die gesig ná twee jaar van geweld, misoes en siektes. Akute wanvoeding het sedert verlede jaar verdubbel. Die VN het in Mei voorspel dat die helfte van Suid-Soedan se bevolking teen die einde van die jaar óf intern, vlugtelinge in die buiteland, honger óf dood kan wees. Cholera-uitbrake is teen Julie in nege van Suid-Soedan se tien state aangemeld. In dieselfde maand het die VN beraam dat byna vier miljoen mense (uit 'n totale geraamde bevolking van 11,4 miljoen) 'gevaarlike vlakke' van honger in die gesig gestaar het. 'n Amptelike verklaring van hongersnood is voorspel vir die einde van 2014 of vroeg in 2015. Bid vir die kerke en verskeie organisasies wat werk om hulp aan die Suid-Soedanese te identifiseer, prioritiseer en vry te stel.