Japan het baie van die wêreld se grootste maatskappye, die wêreld se derde grootste ekonomie, en opgevoede en vreedsame bevolking en is die tweede grootste onbereikte mensegroep in die wêreld. 1,5 miljoen jong mense (meestal mans) het Hikikiimoro ('n uiterste depressie wat net in Japan bestaan) Hulle onttrek hulle heeltemal aan die samelewing. Sommige het vir meer as twee jaar niemand gepraat of gesien nie. Dit is soos interne selfmoord of om soos 'n lyk te leef. Japan het ook die wêreld se grootste seksbedryf, 'n beduidende deel behels minderjarige meisies. (Dit is grootliks Japannese geld wat seksbedrywe in Thailand en Viëtnam befonds.) Baie Japannese leef met geen hoop en geen begeerte om te verander nie. 35% van hoërskoolleerlinge voel hulle het geen waarde as mens nie. 0,22% van die bevolking woon kerk by. Met 100% vryheid van godsdiens het Japan steeds die laagste aantal Christenwerkers in die wêreld. Die goeie nuus is wanneer Japannese mense die Weste besoek, word 'n hoë persentasie van hulle Christene.