Print this page

VSA: Gereed om die voortou te neem in Ebola-stryd

Ebola kan 'n groot humanitêre krisis word as dit nie gou genoeg gestop word nie. Politieke stelsels en infrastruktuur is broos ná jare van burgeroorloë. Hospitale en klinieke in Guinee, Liberië en Sierra Leone word oorweldig deur wat die Wêreldgesondheidsorganisasie die dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis noem. Nuwe gevalle neem eksponensieel toe, die situasie is 'n ernstige noodsituasie met ongekende dimensies van menslike lyding, mans, vroue en kinders sit net en wag om te sterf. Amerika het Dinsdag belowe om troepe, boumateriaal vir veldhospitale, gesondheidsorgwerkers, gemeenskapsorgstelle en broodnodige mediese voorrade te stuur. President Obama het gesê: 'Ons weet hoe om Ebola te beveg. Ons weet hoe om te voorkom dat dit versprei. Ons weet hoe om te sorg vir diegene wat dit kontrakteer. As ons die regte stappe doen, kan ons lewens red. Maar ons moet vinnig optree.'