Sirië: Kwesbaarheid van Siriese vroue

Al lyk dit of die Midde-Ooste meer konserwatief is in terme van morele waardes, kleredrag, ens., is dit geen vreemde ding om Sigeunervroue langs die snelweg in Libanon te sien staan (selfs in daglig) gereed om deur mans opgetel te word nie. Ook Sigeunervroue word onder druk geplaas om geld in te bring, aangesien Sigeunersmans dikwels nie werk nie en nie skaam is om hul dogters, of selfs vrouens weg te stuur vir prostitusie, bedel of om in nagklubs in ander lande te dans nie. Hierdie kwessie is nie meer tot Sigeuners beperk nie. Ook Siriese vroue word aan prostitusie blootgestel aangesien hulle skielik geen inkomste het nie. Kinderbruide word meer algemeen namate ouers gedwing word om die een dogter te 'opoffer' sodat die res van die gesin kan oorleef.

  • Pray: that God will bless Syrians with creative, honourable ways to earn money and remove the lies that prostitution or child brides are the only options. Pray for the girls who are already victims. (Nu.6:24-26)