Print this page

Sirië: IS verkoop Christenvroue as 'oorlogsbuit'

Amerikaanse lugaanvalle en Koerdiese Peshmerga-vegters het gehelp om duisende Yazidi's te red wat op 'n bergtop in Noord-Irak gestrand was. Maar honderde Yazidi-meisies en -vroue is tydens die langdurige beproewing deur IS gevange geneem, en word nou aan IS-vegters in Sirië verkoop, volgens die Syrian Observatory for Human Rights, 'n VK-gebaseerde moniteringsgroep wat in lyn is met die opposisie in Sirië. In die afgelope paar weke het IS ongeveer 300 Yazidi-vroue en minderjarige meisies wat hulle in Irak ontvoer het, verkoop, volgens die groep. Assiriese Christenvroue is ook aan IS-vegters verkoop. Hierdie jong vroue word beskou as 'slawe van die oorlogsbuit met die ongelowiges', het die moniteringsgroep berig. Die terroriste het die vroue vir sowat $1 000 elk verkoop, na 'n gedwonge bekering tot Islam sodat hulle 'geskik' is om met IS-vegters te trou. ’n Irakse Christen-vlugteling genaamd Rwaa het uit die Christelike stad Qaraqosh gevlug, en het op 8 Augustus aan die BBC berig dat IS besig is om Christenvroue te verkrag en te verkoop.