Honderde anti-regeringsbetogers het Maandag die staatstelevisiekanaal binnegeval en uitsendings van die lug af geneem voordat weermag en paramilitêre magte die gebou beveilig het. Die indringers was goed opgelei en het instruksies via selfone ontvang. Intussen het duisende betogers om die Eerste Minister se huis, die parlement en buitelandse ambassades geswerm en gevra vir die premier se bedanking. Drie is dood en 400 is beseer. Daar was twee weke van betogings deur die opposisieleier Imran Khan en politikus Tahir-ul-Qadri wat daarop aandring dat Sharif uittree te midde van beskuldigings van korrupsie en verkiesingsbedrog. Die polisie het Saterdagaand 25 000 betogers buite Sharif se woning in bedwang gehou. Betogings het die stad tot stilstand gebring. 'n Pakistanse Christen skryf: 'Baie Christene trek na Maleisië en Bangkok. Hulle voel nie meer veilig nie. Meer as twintig gesinne het Peshawar onlangs verlaat. Bid vir krag, moed, vertroosting, genade, goddelike beskerming en duidelike leiding deur die Heilige Gees vir Christene in Pakistan. Bid vir wysheid vir pastore wat hulle mense in hierdie stresvolle tye lei.'