Print this page

Nigerië: Telkens meer gedood

In die vroeë oggendure van Maandagoggend is talle mense doodgemaak deur Boko Haram-militante wat sporadies op die inwoners van Gamborun Ngala, 'n gemeenskap wat sy grens met Kameroen deel, geskiet het. 'n Oorlewende, Abdulfatah Ibrahim, het gesê dat baie van die inwoners na 'n naburige gemeenskap gevlug het vir skuiling in Kameroen terwyl die aanvallers plofstof in hul huise gegooi het. 'Ek was in die moskee toe die skietery begin het. Ons het vir veiligheid na die bos gevlug. Meer as 70 mense het na Kameroen gevlug.' Plaaslike media het berig dat Boko Haram sy beheer in die land se noordoostelike streek toenemend uitbrei.