Print this page

Pakistan: Protesoptogte en Christenvervolging

'n Gelowige in Pakistan skryf, 'Hy gee wysheid aan die wyse en kennis aan die oordeelkundige. Hy openbaar diep en verborge dinge; hy weet wat in die duisternis lê, en die lig woon by hom. Daniël 2:21-22. Al-Kaïda slaan hard uit in Pakistan. Baie word vermoor, veral minderheidsgroepe soos Christene. Ons hoor nooit daarvan in die nuus nie, want die Pakistanse regering wil dit nie uitgesaai hê nie (hulle is veronderstel om alles 'onder beheer te hê.)' Die weermag probeer steeds die Taliban in die noordwestelike deel van die land uitneem. Bid asseblief vir twee groot afsonderlike optogte op Donderdag. Twee groot politieke partye wil die regering omverwerp. Een word gelei deur Imran Khan, die tweede word gelei deur Tahir ul Qadri. Dit is nie vreedsame optogte nie. Lewens kan verlore gaan en eiendom beskadig word, maar mense raak keelvol vir die huidige regering.' Vir meer inligting oor hierdie optogte wat vir Pakistan se Onafhanklikheidsdag beplan word, klik die meer-knoppie.